verlange.
![](https://static.wixstatic.com/media/5a26c1_98007186816d464da0b01cca41db8c38~mv2_d_3000_2248_s_2.jpg/v1/fill/w_980,h_734,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/5a26c1_98007186816d464da0b01cca41db8c38~mv2_d_3000_2248_s_2.jpg)
verlate sielsafdruk.
klop, klop
my hart, ingeperk in 'n ribbekas-tronk
my lang, uitgestrekte arm
soek, soek na jou wese
maar
soek na nét 'n gewese silhoette
verlange is anders as mis
vroeë môre mistigheid opsoek na oë
tussen honderde ander
onvoltooid. onvolledig. gebroke.
smag na die perfekte misvormde legkaart
wat pas, skoenpas pas
sodat my hand wéér in joune smelt
en ons kerse weer vlamvat
soene, dit was wonderwerke
jou oë, die nuwe jaar
'n nuwe jaar.
alleen
sit ek
na die nuwe jaar
skemer kruip nader met die mistigheidskombers
ek mis
ek verlang.