top of page

Vergete

  • Monique le Roux
  • Sep 18, 2017
  • 1 min read

Dis makliker

- deesdae -

om te herstel

van die hartverskeurende sielsvibrasies

wat eens maand op maand

ontwaak het

klaar het jy met my

skaakstukke gepeuter

en geskuif tot blokke

wat my wese blindeliks ontwrig

my letsels

het nie jou liefde nodig nie

my letsles

is wie ék is

perfek

misvorm

kort ek nie voltooiing nie

totsiens, krulkop seun.


Comments


bottom of page